Sasolburg
Sasolburg is 'n groot dorp in die Noord-Vrystaat en ook deel van die Vaaldriehoek (wat insluit: Vereeniging, Meyerton en Vanderbijlpark). Die dorp is slegs 5 km suid van die Vaalrivier. Omringende dorpe sluit ook in: Oranjeville, Deneysville, Heilbron, Parys en Vredefort.
Sasolburg | |
---|---|
Sasolburg Sasolburg se ligging in Vrystaat | |
Koördinate: 26°48′51″S 27°49′43″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Distrik | Fezile Dabi |
Munisipaliteit | Metsimaholo |
Stigting | 1954 |
Oppervlak | |
• Totaal | 58,56 km2 (22,61 vk. myl) |
Hoogte | 1 500 m (4 900 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 30 699 |
• Digtheid | 524/km2 (1 360/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 66.1% |
• Indiërs/Asiërs | 1.0% |
• Bruin mense | 1.6% |
• Swart mense | 31.0% |
• Ander | 0.3% |
Taal (2011) | |
• Sotho | 16.4% |
• Afrikaans | 64.0% |
• Engels | 9.0% |
• Zoeloe | 2.8% |
• Ander | 7.7% |
Poskode (strate) | 1947 |
Poskode (posbusse) | 1947 |
Skakelkode | 016 |
Webwerf | http://www.sasolburg.net/ |
Geskiedenis
Die dorp is in 1954 gestig om werknemers te huisves van SASOL 1 en ander chemiese nywerhede soos Natref, Karbochem, Safripol en Polifin. Die aanvanklike fokus van die aanleg was op die vervaardiging van vloeibare brandstof uit steenkool, wat maar een van die hoofprodukte was. Die stad is beplan met behulp van moderne stadsbeplanningsbeginsels. Meer as 72 000 bome is aangeplant.
Distrik
Die distrik is in 1957 geproklameer en is 1 000 km2 groot. Gemengde boerdery word beoefen. Sasolburg val nou onder die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit. Wat die dorp besonders maak is sy boomrykheid. Dit is die dorp met die meeste eikebome in die land - 26 verskillende spesies - en 'n groot verskeidenheid ander inheemse, sowel as uitheemse boomspesies.
Coalbrook-ramp
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Coalbrook-ramp.
Op 21 Januarie 1960 het Suid-Afrika se grootse mynramp by die Coalbrook-steenkoolmyn plaasgevind toe die myn ineengestort en 435 myners lewend begrawe is. Die gebeure is deur Die Briels in hulle liedjie Ter nagedagtenis aan 435 mynwerkers beskryf.
Sien ook
Verwysings
- "Hoofplek Sasolburg". Sensus 2011.
Bronne
- Erasmus, B.P.J. Op pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
- Rosenthal, Eric (red.). Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Londen en New York: Frederick Warne & Kie Bpk.