Sasol Voëls van Suider-Afrika
Sasol Voëls van Suider-Afrika is een van die gewildste veldgidse oor die voëls van Suider-Afrika. Die boek is 'n uitgebreide veldgids wat nou reeds 'n vierde uitgawe beleef. Hierdie uitgawe is deeglik hersien en bygewerk om die nuutste ontwikkelings in die voëlwêreld in te sluit.
Sasol Voëls van Suider-Afrika | |
---|---|
Skrywer | Ian Sinclair, Phil Hockey, Warwick Tarboton, Peter Ryan |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Uitgewer | Struik Nature |
Uitgegee | 2011, 4de Hersiene Uitgawe |
Medium | Sagteband |
Bladsye | 464 |
ISBN | 978-1-77007-926-7 |
Letterkunde-portaal |
Kort beskrywings (met die Robertsnommer van die spesie), verspreidingskaarte en duidelike sketse gee aan voëlkykers riglyne oor die uitkenning van voëlspesies in die veld. By die illustrasies is kriptiese aantekeninge oor onderskeidende kenmerke om die voëlkyker met identifikasie behulpsaam te wees.
Die boek is voorsien van kleurkodes om naslaanwerk te vergemaklik. Dit is ook in Engels beskikbaar as "Sasol Birds of Southern Africa" (ISBN 1-86825-299-X).
Derde uitgawe
Inligting oor boek:
- Outeurs: Ian Sinclair, Phil Hockey, Warwick Tarboton
- Kunswerk: Peter Hayman en Norman Arlott
- Uitgewer: Struik Uitgewers
- ISBN 978-1-86872-743-8
- Formaat: Sagteband
- Publikasiedatum: Julie 2002, 3de Hersiene Uitgawe
- Lengte: 210mm
- Breedte: 148mm
- Aantal bladsye: 488
Vierde uitgawe
Inligting oor boek:
- Outeurs: Ian Sinclair, Phil Hockey, Warwick Tarboton, Peter Ryan
- Kunswerk: Peter Hayman, Norman Arlott en Alan Harris
- Uitgewer: Struik Nature
- ISBN 978-1-77007-926-7 (Afrikaans sagteband)
- ISBN 978-1-77007-928-1 (Afrikaans PVC-omslag)
- Formaat: Sagteband of PVC-omslag
- Publikasiedatum: 2011, 4de Hersiene Uitgawe
- Lengte: 210mm
- Breedte: 148mm
- Aantal bladsye: 464