Sapsan
Sapsan is die Russiese benaming vir hoëspoed-treinstelle van die Russiese Spoorweë (RŽD). Tans is die konstruksiereekse ЭВС1 (EWS1) en ЭВС2 (EWS2) in bedryf wat deur die Duitse vervaardiger Siemens Mobility as Velaro RUS-reeks ontwikkel en vir die behoeftes van die Russiese Spoorweë aangepas is (onder meer die klimatiese besonderhede van Rusland met kouer winters en sterk sneeuvalle waarvoor besondere lugreëling- en verkoelingstelsels asook sterker isolering benodig word)[1]. Die treinstelle is die derde generasie hoëspoedtreine wat op basis van die Velaro-platform ontwikkel is en word as Sapsan (Russies: сапсан, "swerfvalk") bemark. Die treinstelle is in Siemens-aanlegte in Erlangen en Krefeld-Uerdingen vervaardig.[2]
Kenmerkend vir die Sapsan-treinstelle en -waens is die breë bakke wat oorspronklik vir die Velaro CN (CRH3)-reeks ontwerp en vir die Russiese spoorwydte (1520 mm teenoor 1435 mm in Duitsland) en klimaattoestande aangepas is. Die eerste reeks ЭВС2 is tweestelseltreine vir gelykstroom (3 kV) en wisselstroom (25 kV, 50 Hz), die tweede reeks ЭВС1 is eenstelseltreine wat uitsluitlik vir gelykstroom (3 kV) ontwerp is. Sedert Desember 2009 is agt treinstelle met 'n lengte van 250 meter, wat elkeen sitplekke vir iets meer as 500 passasiers bied, op die treinroete tussen Moskou en Sint Petersburg in bedryf gestel. 'n Bykomende agt eenstelseltreine met tien eenhede elk het in 2014 in bedryf gekom. Die reistyd op die roete tussen Moskou en Sint Petersburg (650 km) beloop 3 uur 45 minute.
Roete
Verwysings
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Sapsan. |
- (de) siemens.com: Velaro RUS
- Aanlyn-video van russland.tv
- (de) Sapsan: Die snelste trein in Rusland. Grafiek van RIA Novosti
Hoëspoedtreine | |
---|---|
Acela Express | Aérotrain | AGV | AVE | Eurostar | Eurostar Italia | Flytoget | Gautrein | InterCityExpress | JR-Maglev MLX01 Magneetsweeftreine | Pendolino | Sapsan |Shinkansen | Singapoerse MRT | TGV | Thalys | Treno Alta Velocità | Transrapid | X 2000 |