Sanremo
Sanremo, soms ook gespel as San Remo ([sanˈrɛːmo]; Liguries: Sanrému, in die plaaslike dialek Sanrœmu genoem), is 'n stad en munisipaliteit (comune) langs die Mediterreense kus van Ligurië in Noordwes-Italië, net sowat 20 km vanaf die Franse grens geleë. Die stad, waarvan die oorspronge tot in die antieke Romeinse tydperk terugstrek, het 'n bevolking van sowat 54 500.
Città di Sanremo Sanrému | |
---|---|
Stad | |
Uitsig oor Sanremo vanaf 'n heuwelpiek | |
Città di Sanremo | |
Koördinate: 43°49′00″N 07°47′00″O | |
Land | Italië |
Streek | Ligurië |
Provinsie | Imperia (IM) |
Romeinse nedersetting (Matutia) | Antieke tydperk |
Regering | |
• Burgemeester | Alberto Bianchieri |
Oppervlak | |
• Totaal | 55,96 km2 (21,61 vk. myl) |
Hoogte | 15 m (49 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 54 529 |
• Digtheid | 974,4/km2 (2 523,3/vk. myl) |
Tydsone | UTC+1 (MET) |
• Somertyd | UTC+2 (MEST) |
Poskode | 18038 |
Skakelkodes | 0184 |
Webwerf | Comune di Sanremo |
Sanremo is 'n gewilde toeristebestemming en hersteloord langs die Italiaanse Riviera en tree as gasheerstad vir 'n verskeidenheid kulturele en sportfeeste op, waaronder die Musiekfees van Sanremo (Festival della canzone italiana) en die jaarlikse fietswedren Milano-Sanremo.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.