Sandveld
Die Sandveld is 'n streek in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die streek is 'n smal area tussen die Swartland en die Weskus; vanaf Hopefield in die suide tot by Lutzville in die noorde. Die Sandveld is yl bevolk. Die sanderige grond bevestig dat die hele area eens op 'n tyd onder see was. Die ekonomie van die streek is hoofsaaklik op landbou gegrond; skaapboerdery en die kweek van graan en groente. Die Bergrivier vloei deur die Sandveld.
- Hierdie artikel handel oor die streek in die Wes-Kaap. Vir die natuurreservaat, sien: Sandveld-natuurreservaat.
Sien ook
Bronne
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
- Die Suid-Afrikaanse Gids: feite en wenke. Isabel Uys. 2009. ISBN 978-1-86919-324-9
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.