Sanddrif
Sanddrif in die Richtersveld lê aan die suidelike oewer van die Oranjerivier en suidwes van die grenspos met Namibië by Sendelingsdrif.
Sanddrif | |
---|---|
Dorp | |
Sanddrif Sanddrif se ligging in Noord-Kaap | |
Koördinate: 28°25′38″S 16°46′38″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Namakwa |
Munisipaliteit | Richtersveld |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,70 km2 (1,04 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 1 854 |
• Digtheid | 687/km2 (1 780/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 3.3% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 78.5% |
• Swart mense | 17.4% |
• Ander | 0.6% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 78.2% |
• Xhosa | 12.9% |
• Engels | 1.9% |
• Tswana | 1.1% |
• Ander | 5.9% |
Die eerste bewoners was die Namavolk wat in die vroeë 1900's van die kusstreek weggetrek en hervestig het in hierdie duinegebied. In die vroeë 1970's is die Bakendiamantmyn hier geopen en het Xhosa- en Sotho-mynwerkers hierheen gekom. Daarom is die Namatradisies hier sterk beïnvloed deur die Nguni-kultuur.
Weens die aanwesigheid van die myn bied die dorpie meer geriewe as die buurdorpies Kuboes, Eksteenfontein en Lekkersing. Hier is 'n skool, winkel en 'n outobank. Daar is 'n gholfbaan en 'n kantoor van Sanparke.
Sien ook
Verwysings
- "Hoofplek Sanddrif". Sensus 2011.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.