Sambokpeul

Die sambokpeul (Cassia abbreviata) is 'n kleinerige boom in die Fabaceae familie. Daar is reeds drie subspesies aangeteken. Die boom se FSA-nommer is 212.[2]

Sambokpeul
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Cassia
Spesie:
C. abbreviata
Binomiale naam
Cassia abbreviata
Oliv., (1871) [1]
Subspesies

C. a. subsp. abbreviata
C. a. subsp. beareana

Beskrywing

Die boom wat tot 6 m hoog kan word het 'n geronde kroon en taamlik oorhangende takke. Die saamgestelde blare is ongeveer 30 cm lank met 5 tot 12 pare blaartjies wat soms fluweelagtig is. Die blomme is ongeveer 4 cm in deursnee. Die peule is fluweelagtig, silindries, goudbruin tot bruin en tot 90 cm lank.

Verspreiding

Die boom kom voor in Limpopo en Mpumalanga. Buite Suid-Afrika is die boom inheems aan Botswana, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Kenia, Malawi, Mosambiek, Namibië, Somalië, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.

Galery

Sien ook

Verwysings

  1.  Cassia abbreviata was originally described and published in Flora of Tropical Africa 2: 271. 1871. GRIN (19 Desember 2007). "Cassia abbreviata information from NPGS/GRIN". Taxonomy for Plants. National Germplasm Resources Laboratory, Beltsville, Maryland: United States Department of Agriculture, Agricultural Research Service, National Genetic Resources Program. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Desember 2013. Besoek op 6 Desember 2011.
  2. https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Bronne

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.