Sam Nzima
Sam Nzima (8 Augustus 1934 – 12 Mei 2018) was 'n Suid-Afrikaanse fotojoernalis wat bekend geword het vir die foto van 'n sterwende 12-jarige Hector Pieterson wat hy op 16 Junie 1976 geneem het tydens die Soweto-opstand en die wêreld ingestuur het. Hy het op daardie stadium die koerant The World verteenwoordig.
Sam Nzima | |
---|---|
Gebore | |
Sterf | 12 Mei 2018 (op 83) |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Fotojoernalis |
Bekend vir | Beeld van die sterwende Hector Pieterson tydens die Soweto-opstand |
Eggenoot | Thelma |
Kinders | 7 |
Sam is in Lillydale, Mpumalanga gebore en gebly. Hy is in die Rob Ferreira-hospitaal in Nelspruit oorlede. Hy word oorleef deer sy vrou Thelma en sewe kinders.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.