Sam Cane
Samuel Jordan Cane (gebore 13 Januarie 1992) is 'n Nieu-Seelandse professionele rugbyspeler wat as losvoorspeler vir die Japan Rugby League One-klub Tokyo Sungoliath speel en kaptein van die Nieu-Seelandse nasionale span, die All Blacks, is. Hy het onder meer tydens die rugbywêreldbekertoernooie in 2015, 2019 en 2023 vir Nieu-Seeland uitgedraf.
| |||||
Sam Cane in 2017 | |||||
Volle naam | Samuel Jordan Cane | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 13 Januarie 1992 | ||||
Geboorteplek | Rotorua, Nieu-Seeland | ||||
Lengte | 1,89 m | ||||
Massa | 108 kg | ||||
Skool | Tauranga Boys' College | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Losvoorspeler, Agsteman | ||||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2010– 2011– 2021 |
Bay of Plenty Chiefs King Country |
21 150 1 |
(25) (85) (0) | ||
korrek soos op 28 Augustus 2023. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2011 2012– |
Nieu-Seeland o/20 Nieu-Seeland |
4 94 |
(15) (80) | ||
korrek soos op 28 Augustus 2023. |
Cane het in 2012 sy debuut vir Nieu-Seeland gemaak. Hy het die leisels as die All Blacks se kaptein op 5 Mei 2020 by Kieran Read oorgeneem. Hy het King Country in die Heartland Championship, Bay of Plenty in die Nasionale Provinsiale Kampioenskap en die Chiefs in Superrugby verteenwoordig.[1][2]
Op 28 Oktober 2023 het Cane die eerste speler ooit geword wat 'n rooikaart in 'n rugbywêreldbekereindstryd ontvang het ná 'n gevaarlike hoogvat.[3]
Verwysings
- (en) "Sam Cane named All Blacks captain". All Blacks. Besoek op 5 Mei 2020.
- (en) "Sam Cane still set for King Country debut after extension of Waikato's level 3 border". Stuff. 7 Oktober 2021.
- (en) "South Africa 12 New Zealand 11 as it happened: Springboks see off brave effort from 14-man All Blacks by minimum". Irish Independent. 28 Oktober 2023. Besoek op 1 November 2023.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sam Cane.
- (en) Sam Cane op ESPNscrum