Salvokop
Salvokop is 'n woongebied sentraal in Pretoria, Suid-Afrika wat onder die Stad Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit val. Dit word in die noorde begrens deur 'n hoofspoorlyn en die Pretoriastasie verder na die ooste.
Salvokop | |
---|---|
'n Geskiedkundige huis in Artillerieweg, Salvokop | |
Salvokop Salvokop se ligging in Gauteng | |
Koördinate: 25°45′40″S 28°11′00″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Tshwane |
Oppervlak | |
• Totaal | 4,09 km2 (1,58 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 7 123 |
• Digtheid | 1 742/km2 (4 510/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 4.2% |
• Indiërs/Asiërs | 0.9% |
• Bruin mense | 5.0% |
• Swart mense | 89.4% |
• Ander | 0.5% |
Taal (2011) | |
• Noord-Sotho | 17.1% |
• Afrikaans | 13.3% |
• Venda (taal) | 9.1% |
• Tswana | 8.6% |
• Ander | 51.9% |
Poskode (strate) | 0002 |
Skakelkode | 012 |
'n Hele paar bekende bakens is hier geleë: Die Vryheidspark-terrein, die Pretoria Sentraal-gevangenis (deesdae Kgoši Mampuru II) en Dequaria, hoofkwartier van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag.
Geskiedenis
Terwyl Salvokop histories deel was van die Elandspoort-plaasgrond (1842), is die geskiedenis van die gebied gekoppel aan die spoorweggeskiedenis van die stad Pretoria. In 1892 het die Nederlands-Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy (NZASM) sy hoofkwartier daar gestig en 'n dorpie daar opgerig het wat bestaan het uit kantoorgeboue, huise, ontspanningsterreine om sy werknemers te akkommodeer. Die woonbuurt het ook huise wat eens as verblyf vir die offisiere van die artillerie-regiment van die Zuid-Afrikaansche Republiek verdedigingsmag gebruik is. Die gebied is tydens apartheid as wit geklassifiseer.
Sien ook
Verwysings
- "Subplek Salvokop". Sensus 2011.
Hierdie artikel omtrent 'n plek in Pretoria en omgewing is slegs ’n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei.