Salvadoriaanse nasionale sokkerspan
Die Salvadoriaanse nasionale sokkerspan (Spaans: Selección de fútbol de El Salvador), ook die Salvadoriaanse elftal genoem, is die manssokkerspan wat El Salvador in internasionale kompetisies verteenwoordig. In 1899 speel die spanne van Santa Ana en San Salvador vir die eerste keer teen mekaar in 'n sokkerwedstryd met El Salvador as gasheer. El Salvador se nasionale sokkerspan se eerste wedstryd was in September 1921, toe hulle uitgenooi is om deel te neem aan 'n toernooi om die 100 jaar van Sentraal-Amerikaanse onafhanklikheid te vier.
El Salvador | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Volle naam | Selección de fútbol de El Salvador | ||||||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Bynaam/me | La Selecta La Selecta Cuscatleca La Azul y Blanco | ||||||||||||||||||||||||||||||||
Tuisveld | Estadio Cuscatlán, San Salvador | ||||||||||||||||||||||||||||||||
Kapasiteit | 53 400 | ||||||||||||||||||||||||||||||||
Voorsitter | Albert Roca | ||||||||||||||||||||||||||||||||
Afrigter | Darwin Ceren | ||||||||||||||||||||||||||||||||
Liga | CONCACAF | ||||||||||||||||||||||||||||||||
|
El Salvador het aan twee FIFA-Wêreldbeker eindtoernooie deelgeneem: eers in 1970 en weer in 1982, maar kon nog nooit verder as die eerste groepstadium van 'n eindtoernooi vorder nie. In 1943 word hulle CCCF-kampioene, en eindig in die tweede plek in die 1941- en 1961-kampioenskappe. Hulle het dertien keer meegeding in CONCACAF streeks-toernooie en eindig as naaswenners in 1963 en 1981. La Selecta ding ook mee in die tweejaarlikse UNCAF Nasies-sokkertoernooi, die Pan-Amerikaanse Spele en die Olimpiese Spele. Die span het reeds twee goue medaljes in die Sentraal-Amerikaanse en Karibiese Spele behaal.
Die Estadio Cuscatlan, ook bekend as "El Toledo Die Montserrat" of "La Catedral del espectaculo", is die amptelike stadion van die El Salvador nasionale sokkerspan met 'n kapasiteit van 52.000 sitplekke. Sedert 2008, het die nasionale span 'n uitrusting borgskap-kontrak met die Engelse verskaffer Mitre. Raúl Díaz Arce is die top-puntemaker met 39 doele, terwyl Leonel Cárcamo die rekord hou vir die mees gekose Salvadoriaanse speler met 84 wedstryde. Die El Salvador nasionale sokkerspan het in totaal al 41 spanbestuurders gehad en tans is die hoofafrigter Ruben Israel.
Meeste verskynings
# | Naam | Loopbaan | Kere uitgedraf |
---|---|---|---|
1 | Leonel Cárcamo | 1988–2000 | 84 |
2 | Marvin González | 2002– | 83 |
3 | Rudis Corrales | 1999– | 77 |
4 | Guillermo Rivera | 1988–2002 | 74 |
5 | Alfredo Pacheco | 2002– | 73 |
6 | Raúl Díaz Arce | 1987–2003 | 68 |
Mauricio Cienfuegos | 1987–2003 | 68 | |
8 | Ramón Sánchez | 2001– | 67 |
9 | Ronald Cerritos | 1995–2008 | 66 |
10 | Jorge Rodríguez | 1994–2005 | 65 |
Top puntemakers
# | Naam | Loopbaan | Doele |
---|---|---|---|
1 | Raúl Díaz Arce | 1991–2000 | 39 |
2 | José María Rivas | 1979–1989 | 22 |
3 | Jorge González | 1976–1998 | 21 |
4 | Luis Ramírez Zapata | 1971–1989 | 17 |
Rudis Corrales | 1999– | 17 | |
6 | Miguel Cruz | 1935–1943 | 16 |
Norberto Huezo | 1973–1987 | 16 | |
8 | Eliseo Quintanilla | 2007– | 15 |
9 | Juan Francisco Barraza | 1953–1969 | 13 |
Ever Hernández | 1976–1985 | 13 | |