Salignabloekom

Die salignabloekom (Eucalyptus grandis) is 'n groot tot massiewe boom en indringerplant wat groei in waterlope, woudrande en grasveld. Dit is inheems aan die ooste van Australië. Dit kan tot 55 m hoog word. Die boom het growwe bas wat afskilfer in lang repe om die gladde, liggrys of wit onderbas te ontbloot. Die blare is enkelvoudig, lansvormig, donkergroen aan die bokant en leeragtig. Die blommetjies is roomkleurig met uitstaande meeldrade en lok veral bye. Die boom se vrug is 'n klein, peervormige kapsule.

Salignabloekom
Salignabloekoms in Australië
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
E. grandis
Binomiale naam
Eucalyptus grandis
W. Hill ex Maiden
Natuurlike verspreiding

Die boom word in plantasies geplant vir kommersiële gebruik.

Salignabloekoms
'n Salignabloekom

Sien ook

Bron

  • Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 ISBN 978-1-4317-0248-0

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.