Sakresies
Sakresies is 'n speletjie wat tydens boeresport gespeel word. Deelnemers klim in streepsakke. As die fluitjie blaas word daar so vinnig moontlik in die sak na die wenstreep gehardloop. Die persoon wat eerste by die wenstreep opdaag wen.
Die spel bevorder koördinasie. Omdat die sak normale beenbeweging beperk, hop of spring deelnemers meestal na die wenstreep.
Sien ook
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.