Sagtewarepoort
'n Sagtewarepoort (dikwels slegs 'n poort genoem) is 'n virtuele dataverbinding wat gebruik kan word deur programme om data direk uit te ruil in plaas daarvan om 'n lĂȘer of ander tydelike stoortoestel te gebruik. Die algemeenste hiervan is die TCP en UDP poorte wat gebruik word om data tussen rekenaars op die Internet uit te ruil.
In vloeigebaseerde programmering is 'n 'poort' 'n benoemde punt van kontak tussen 'n proses en 'n verbinding.
Toevoer/Afvoer poort meganisme - poortgekarteerde Toevoer/afvoer
Vir toevoer of afvoer (I/O) bewerkinge gebruik byna alle verwerkersfamilies dieselfde instruksies vir beide geheuetoegang en hardeware toevoer/afvoer (sien gekarteerde Toevoer/afvoer). Intel verwerkers het instruksies wat spesifiek vir Hardeware Toevoer/afvoer gebruik word. Hierdie instruksies bepaal watter hardeware toestel om mee te kommunikeer deur van 'n toevoer/afvoerpoort of masjienpoort gebruik te maak. Hierdie poorte word genommer afhangende van die hardeware toestel waarna hulle verwys.
Intel mikroverwerkers laat gewoonlik een oktet (8-bis greep of woord) toe om gestuur of ontvang te word tydens elke instruksie. Die hardeware toestel besluit hoe om data te interpreteer wat daarna gestuur word en watter data om na die verwerker te stuur.