Sagaria
Sagaria is die 38ste boek in die kanon van Hebreeuse Geskrifte wat as die Ou Testament in die Bybel opgeneem is. Hierdie boek is die elfde van die sogenaamde twaalf Klein Profete. Sagaria was 'n tydgenoot van Haggai. Die eerste agt hoofstukke handel oor 'n aantal visioene oor die herstel van Jerusalem, die herbou van die tempel, die loutering van die volk en die koms van die Messiaanse tydperk. Hoofstukke 9-14 is 'n versameling boodskappe oor die verwagte Messias en die laaste oordeel.
Bron
- Die Bybel: Nuwe vertaling (Bybelgenootskap van Suid-Afrika)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.