Sacramento Internasionale Lughawe
Sacramento Internasionale Lughawe (IATA: SMF, ICAO: KSMF, FAA LID: SMF) is geleë 17 km noordwes van Sacramento, Kalifornië, Verenigde State en beslaan 2 400 ha. Dit bedien die Sacramento Metropolitaanse Gebied, en word bestuur deur die Sacramento County Lughawestelsel.
Die lughawe is ook 'n poort na vele besienswaardighede en avonture in Noord- en Sentraal-Kalifornië, soos Heavenly Mountain Resort,[1] Lake Tahoe en die Yosemite Nasionale Park.[2] "Old Sacramento State Historic Park" vertoon geskiedenis van die goudstormloop, ondergrondse tonnels, vloede en brande.[3][4]
Terminale
Die lughawe het twee terminale, Terminaal A, met 13 hekke; en Terminaal B, met 19 hekke; altesaam 32 hekke. 8 lugrederye bedryf vanuit Terminaal B en 4 vanuit Terminaal A. Alle binnenshuise openbare areas het gratis Wi-Fi (draadlose internet) wat deur die Sacramento County Lughawestelsel verskaf word.
Air Canada, American, Delta en United werk uit die dertien hekke in Terminaal A.
Aeromexico, Alaska, Frontier, Hawaiian, JetBlue, Southwest, Spirit en Volaris is in die negentien hekke in Terminaal B geleë.[5]
Statistiek
Top bestemmings
Rang | Lughawe | Passasiers | Lugrederye |
---|---|---|---|
1 | Las Vegas, Nevada | 667 000 | Frontier, Southwest, Spirit |
2 | San Diego, Kalifornië | 662 000 | Alaska, Southwest |
3 | Denver, Colorado | 490 000 | Frontier, Southwest, United |
4 | Seattle-Tacoma, Washington | 442 000 | Alaska, Delta, Southwest |
5 | Los Angeles, Kalifornië | 379 000 | American, Delta, Southwest, United |
6 | Phoenix-Sky Harbor, Arizona | 378 000 | American, Frontier, Southwest |
7 | Orange County, Kalifornië | 275 000 | Southwest, Spirit |
8 | Burbank, Kalifornië | 269 000 | Southwest |
9 | Dallas-Fort Worth, Texas | 246 000 | American |
10 | Portland, Oregon | 206 000 | Alaska, Southwest |
Lugdiensmarkaandeel
Rang | Lugdiens | Passasiers | Deel |
---|---|---|---|
1 | Southwest Airlines | 2 908 920 | 50,84% |
2 | American Airlines | 677 052 | 11,83% |
3 | Delta Air Lines | 665 468 | 11,63% |
4 | United Airlines | 537 316 | 9,39% |
5 | Alaska Airlines | 364 532 | 6,37% |
Jaar | Passasiers | Verander | Vliegtuigbewegings |
---|---|---|---|
2015 | 9 609 880 | ||
2016 | 10 118 794 | 111 197 | |
2017 | 10 912 080 | 118 783 | |
2018 | 12 050 763 | 129 925 | |
2019 | 13 172 840 | 138 481 | |
2020 | 5 583 052 | ▼ | 91 625 |
2021 | 9 702 030 | 112 781 | |
2022 | 12 313 370 | 130 263 | |
2023 | 7 454 711 (Jul.) | 77 366 (Jul.) |
Landvervoer
Pad
Die lughawe kan bereik word via Airport Blvd direk vanaf Interstate 5 by afrit 528. Die volgende kan bereik word via I-5 binne 10 myl van die lughawe: Interstate 80, CA-113, US Route 50 en CA-99.[8]
Spoor
Sacramento Regional Transit sal 'n toekomstige ligte spoorverbinding, 'n verlenging van die Groenlyn, na die lughawe verskaf. Omgewingsevaluering, opruiming en konstruksie vir die Groenlyn sou na verwagting teen 2018 voltooi wees, maar die projek is die afgelope paar jaar erg vertraag.[9]
Verwysings
- "Heavenly Lake Tahoe". Besoek op 23 Augustus 2022.
- "Yosemite National Park (U.S. National Park Service)". NPS.gov. Besoek op 23 Augustus 2022.
- "Old Sacramento Waterfront". Old Sacramento Waterfront. Besoek op 23 Augustus 2022.
- "Old Sac After Hours – Sacramento History Museum".
- van der Meer, Ben (11 Oktober 2013). "JetBlue changing airport terminals". Sacramento Business Journal. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Februarie 2014. Besoek op 20 Augustus 2017.
- "Sacramento, CA: Sacramento International (SMF)". Bureau of Transportation Statistics. Besoek op 17 Augustus 2023.
- "Passenger Statistics" (PDF). Sacramento County. Besoek op 22 Februarie 2022.
- Saam, Kelli (2 Mei 2023). "Driving to Sacramento Airport is about to get a little easier". Action News Now (in Engels). Besoek op 8 Junie 2023.
- "Downtown Natomas Airport - Green Line to the Airport" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 27 Julie 2011. Besoek op 30 Mei 2011.