Sabierivier
Die Sabierivier vloei in Mpumalanga, Suid-Afrika en in Mosambiek. Die rivier ontspring in 'n klomp stroompies op die oostelike hang van die Mauchsberg en op die eskarp van die Drakensberg tussen Lydenburg en Sabie. By Sabie gaan die rivier oor die Sabiewaterval en deur 'n diep ravyn. Hierna vloei dit deur die benede-Laeveld voordat die Sandrivier noordoos van Skukuza by die Sabie aansluit om verder stroomaf na Mosambiek te vloei waar dit by die Komatirivier aansluit op pad na die Indiese Oseaan toe.
Sabierivier | |
---|---|
Stroomgebied | Suid-Afrika, Mosambiek |
Oorsprong | Lydenburg, Mpumalanga |
Monding | Komatirivier, Mosambiek |
Oorsprong-hoogte | 1 100 m (3 609 voet) |
Sabierivier |
|
Koördinate: 25°1′19″S 31°10′37″O |
Die naam van die rivier is afgelei van die Sjangaanwoord uluSaba wat 'gevreesde rivier' beteken na aanleiding van die baie krokodille wat eens in die rivier gewoon het.
Oorsprong
Monding
Vislewe
Die Laeveld-kurper (Serranochromis meridianus) kom in die rivier voor.
Bron
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995 ISBN 1-86842-026-4
Verwysings
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.