Sabi Sand-wildreservaat
Die Sabi Sand is 'n wildreservaat geleë aangrensend aan die Krugerwildtuin in die laeveld van Mpumalanga, Suid-Afrika, wat ook deel uitmaak van die Groter Limpopo Oorgrenspark. Die Newington-toegangshek is aan die suidekant by 24°52′9″S 31°24′16″O, noordwes van die Krugerhek en Skukuza.
Sabi Sand Wildreservaat | |
---|---|
Die luiperdwyfie genaamd "Thandi" loop in die Djuma-konsessie van die Sabi Sandwildtuin | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Naaste dorp | Skukuza, Hazyview |
Sabi Sand Wildreservaat |
|
Koördinate: 24°54′0″S 31°33′0″O | |
Oppervlak | 65 000 ha |
Bestuursliggaam | Sabi Sand Owners' Assosiation |
Webblad | About Sabi Sand |
Die wildtuin se naam is afkomstig van die Sabie- en Sandriviere wat daardeur vloei. Die oppervlak van die reservaat is 65 000 hektaar en dit deel 'n nie-omheinde grens van 50 km met die Krugerwildtuin aan sy oostekant.
Dierelewe
Die reservaat beskik oor 'n groot verskeidenheid vrylopende wildsoorte: die Groot vyf (leeu, luiperd, witrenoster, buffel en olifant), sebra, kameelperd, klipspringer, steenbok, rooibok, rooijakkals, blouwildebees, rooihartbees, njala, koedoe, eland, duiker, kaapse bobbejaan, jagluiperd, Afrikasivet, seekoei, grootkolmuskeljaatkat, hiëna, rietbok, kolhaas, nagapie, witkwasjakkals, swartkwasmuishond, boomeekhoring, blouaap, vlakvark, ystervark, vaalboskat, waterbok, wildehond en witstertmuishond. Voëllewe sluit in saalbekooievaar, aasvoël, veereier, asook heelwat reptiele en ongewerweldes.
Eksterne skakels
- Sabi Sand Wildreservaat se amptelike webblad Geargiveer 17 Junie 2013 op Wayback Machine