Saarbrücken

Saarbrücken (Luxemburgs: Saarbrécken, Frans: Sarrebruck) is die administratiewe hoofstad en grootste stad van die Duitse deelstaat Saarland.

Saarbrücken

Kaart Wapen
Vlag
 Land Duitsland
 Deelstaat Saarland
 Koördinate 49°14′N 7°0′O
 Stigting (eerste verwysing) 999
 Stadstatus 1342
 Oppervlakte:  
 - Totaal 167,07 vk km
 Hoogte bo seevlak 230 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2012) 176 996[1]
 - Bevolkingsdigtheid 1 059/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Charlotte Britz (SPD)
 Amptelike Webwerf saarbruecken.de

Die huidige stad het in 1909 met die samesmelting van drie stede - Saarbrücken, St. Johann en Malstatt-Burbach - ontstaan en is vandag die politieke, ekonomiese en kulturele sentrum van die Saarland en setel van 'n universiteit.

Etimologie

Die naam van Saarbrücken het niks te doen met die moderne Nieuhoogduitse woord Brücke ("brug") aangesien die eerste verwysings na die nedersetting en sy kasteel in dokumente voorkom wat 500 jaar voor die oprigting van die eerste brug oor die Saar-rivier (die sogenaamde Alte Brücke of "Ou Brug") ontstaan het. Die oudste oorgelewerde naam Sarabriga is van Keltiese oorsprong - die eerste woorddeel sara beteken "rivier", die tweede (briga) word as "rots, groot steen" vertaal. Waarskynlik het die naam na die groot rots teenoor die Ou Brug verwys waarop die eerste kasteel opgerig is.

Verwysings

  1. "www.saarland.de" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 7 Februarie 2014. Besoek op 18 Januarie 2014.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.