Saab 37 Viggen
Die Saab 37 Viggen (weerligstraal) is 'n Sweedse vegvliegtuig wat ontwerp is om die Saab 35 Draken te vervang. Dit is 'n multirol vliegtuig wat deel vorm van Swede se begeerte om onafhanklik te bly met betrekking tot die beskikbaarheid van vegvliegtuie. Die Viggen was 'n geruime tydperk die mees gevorderdste vegvliegtuig vliegtuig in Europa. Dit is verskaf in verkennings-, vegter- en aanval modelle. In Desember 1961 het die Sweedse regering Aircraft System 37 goedgekeur wat ontwikkel het in die Viggen. Die Viggen is deur die Saab JAS 39 Gripen vervang.
Saab 37 Viggen | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | Saab AB |
Nooiensvlug | 8 Februarie 1967 |
Bekendstelling | 21 June 1971 |
Onttrek | 25 November 2005 |
Status | Onttrek |
Hoofgebruiker | Sweedse Lugmag |
Vervaardig | 1970 - 1990 |
Aantal gebou | 329 |
Eenheidskoste | VS$2 000 000 (1967) |
Die basiese model is die AJ 37 aanvalsvliegtuig waaruit die S 37 verkenningsvliegtuig, en laaste, die JA 37 alleweerstoestande vegvliegtuig gevolg het. Die aanvanklike ontwerp het in 1952 begin en in 1954 het die kenmerkende canardvlerke begin om te verskyn aan die ontwikkelings modelle. Dié vlerke, gekoppel aan die grootvlerke se kontrolestelsel, verskaf ekstra stygvermoë gedurende die landing en opstyg fases. Dit verlaag die opstyg en landings snelhede wat ook die aanloopbaan se minimum lengte verkort. Dit verseker dat die vliegtuig aan die spesifikasie, om van slegs 'n 500 m aanloopbaan op te styg, voldoen.
Die vliegtuig is ook toegerus met die Heads-Up Display wat baie akkurater landings verseker terwyl die omgekeerde stuwer (reverse thruster) aan die neuswiel toerusting gekoppel is en geaktiveer kan word sodra die wiel gesak het.
Om die vliegtuig so klein en lig as moontlik te maak is die menslike navigator deur 'n gerekenariseerde navigasie stelsel vervang. Die vliegtuig lyk ook swaarder as wat dit is omrede panele ontwerp is rondom die heuningnes (honeycomb) beginsel. Dit kan inderdaad kragte van tot 12 keer die gravitasie krag van die aarde weerstaan.
Die motor wat voorsien is, is die Pratt & Whitney JT8D-22 ontwerp, wat aanvanklik ontwerp is vir die Boeing 727. Hierdie motor was onder lisensie vervaardig deur Volvo in Swede. Hier staan dit bekend as die RM8A en is toegerus met 'n plaaslike nabrander.
Tegniese besonderhede
Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 1 |
Tipe motor | Straalmotor |
Vervaardiger | Volvo Flygmotor RM8B turbostraal met nabrander |
Kraglewering per motor | 12 750 kg stukrag |
Vlerkspan | 10,6 m |
Lengte | 16,4 m |
Hoogte | 5,9 m |
Vlerkoppervlakte | 52,2 m2 |
Maksimum opstygmassa | 20 500 kg |
Maksimum snelheid | 2 195 km/h |
Operasionele hoogte | 18 290 |
Togafstand | 1 000 km |
Klimvermoë | 10 000 m in een minuut en 24 sekondes |
Bewapening | Een 30 mm kanon ses punte onder vlerke vir 6000 kg bomme of twee Sky Flash en vier Sidewinder lug-tot-lug missiele |
Sien ook
Bron
- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9