Saab 340
Die Saab 340 is 'n Sweedse tweemotorige turboskroefvliegtuig wat ontwerp en aanvanklik vervaardig is deur Saab AB en Fairchild Aircraft. Die vliegtuig is ontwerp om 30 tot 36 passasiers te vervoer en in Julie 2018 was daar 240 vliegtuie deur 34 lugrederye bedryf.
Saab 340 | |
---|---|
Tipe | Passasiersvliegtuig |
Vervaardiger | Saab AB |
Nooiensvlug | 25 Januarie 1983 |
Bekendstelling | 1984 |
Status | Aktief |
Hoofgebruikers | Regional Express Airlines Silver Airways Loganair PenAir |
Vervaardig | 1983–1999 |
Aantal gebou | 459 |
Weergawes | Saab 2000 |
Volgens die aanvanklike produksie-ooreenkoms is vervaardiging 65:35 tussen Saab en Fairchild verdeel. Saab het die vol-aluminiumromp en stertvin gebou en ook die vliegtuig aanmekaar gesit in Linköping, Swede terwyl Fairchild die vlerke, stertvlakke en enjinhulse vir die twee turboskroefmotore vervaardig het. Nadat Fairchild in 1985 hierdie werk gestaak het, is die vervaardiging van die komponente na Swede verskuif.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.