SV Rooiwit Hasborn-Dautweiler
SV Rooiwit Hasborn-Dautweiler is 'n sokkerklub uit Tholey in die deelstaat Saarland in Duitsland. Hasborn-Dautweiler is 'n dorpsdeel van Tholey.
Volledige naam | Sportverein Rot-Weiß Hasborn-Dautweiler e. V. |
Stigtingsdatum | Junie 1920 |
Tuisveld | Waldstadion, Tholey |
Kapasiteit | 2 000 |
Kompetisie | Oberliga Suidwes |
Die klub is in Junie 1920 by die dorpskerk gestig en het in 1964 die eerste keer die 1. Amateurliga Saarland gehaal, destyds die derde vlak. Die klub se grootste prestasie was om die tweede rondte van die DFB-Pokal te haal in 1974, waar die klub in 'n wegwedstryd met 0-3 teen VfL Borussia Mönchengladbach verloor het. Die klub het by nog twee geleenthede, in 1991 en 2007, die hoofrondte van die DFB-Pokal gehaal.
Onlangse ligaposisionering
|
|
Eksterne skakels
Oberliga Suidwes 2007/08-seisoen | |
Eintracht Bad Kreuznach - SV Roßbach/Wied - FV Engers 07 - FSV Mainz 05 II - SC Hauenstein - |