SV Memmelsdorf
SV Memmelsdorf is 'n sportklub uit Memmelsdorf in die deelstaat Beiere in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker het die klub ook afdelings vir bofbal, skaak, kegelbal en ski. Die bofbalafdeling het tussen 1995 en 1998 in die 2. Bundesliga (bofbal) meegeding.
Volledige naam | Sportverein 1923 Memmelsdorf e.V. |
Stigtingsdatum | 7 Desember 1923 |
Tuisveld | Schmittenaustadion, Memmelsdorf |
Kapasiteit | 4 000 |
Kompetisie | Oberliga Beiere |
Die klub is op 7 Desember 1923 met die huidige naam gestig. Die klub het die grootste deel van sy bestaan in die laer ligas op streeksvlak deurgebring, maar het in die 1988/89-seisoen deurgedring na die uitspeelrondtes om promosie na die Oberliga Beiere (op daardie stadium op die vierde vlak van die sokkerstruktuur). Die klub het egter met 3-5 teen SpVgg Fürth verloor voor 4 500 toeskouers. Die klub se grootste prestasie was om die eerste rondte van die DFB-Pokal te haal in die 1978/79-seisoen, waar daar met 8-1 teen 1. FC Bocholt verloor is.
Onlangse ligaposisionering
|
|
Eksterne skakels
Oberliga Beiere 2009/10-seisoen | |
TSV Aindling - SpVgg Ansbach 09 - 1. FC Bad Kötzting - TSV Buchbach - SpVgg Bayreuth - | |