SV Lurup
SV Lurup is 'n sportklub uit die stadstaat Hamburg in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub ook nog 23 ander afdelings, insluitend swem, tafeltennis, vlugbal, boks, fietsry, gimnastiek, atletiek, tennis, pluimbal en skaak.
![]() | |
Volledige naam | Sportverein Lurup-Hamburg von 1923 e.V. |
Stigtingsdatum | 1923 |
Tuisveld | Stadion an der Flurstraße, Hamburg |
Kapasiteit | 6 000 |
Kompetisie | Oberliga Noord |
Die klub is in 1923 gestig en was aanvanklik 'n werkersklub wat aan die ATSB (Arbeitersport in Deutschland) se kompetisies deelgeneem het. In 1933 is werkersklubs in die Derde Ryk verbied en is die klub verplig om met FC Blau-Weiß Schenefeld saam te smelt as TSV Lurup-Schenefeld. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub deur die Geallieerdes ontbind, maar weer in 1946 herstig as TSV Lurup (na 1949 SV Lurup). Die huidige naam is in 1978 aangeneem.
Die klub se grootste prestasie was om aan die einde van die 1983/84-seisoen (onsuksesvol) aan die uitspeelwedstryde om promosie na die 2. Bundesliga deel te neem. Die klub het in 2007, ondanks slegs 'n sesde plek in die Verbandsliga Hamburg, promosie ontvang na die Oberliga Noord, aangesien die beter geposisioneerde klubs nie vir 'n Oberligalisensie gekwalifiseer of daarvoor aansoek gedoen het nie.
Onlangse ligaposisionering
|
|