SVA Bad Hersfeld
SVA Bad Hersfeld is 'n sokkerklub uit Bad Hersfeld in die deelstaat Hesse in Duitsland. Benewens sokker, het die klub ook 'n afdeling vir brennbal, die Duitse weergawe van 'n tradisioneel Skandinawiese spel. Asbach is 'n dorpsdeel van Bad Hersfeld wat voorheen 'n onafhanklike dorp was.
Volledige naam | Spielverein Asbach-Bad Hersfeld 1928 e.V |
Stigtingsdatum | 1911 |
Tuisveld | Vereinsgelände Asbach, Bad Hersfeld |
Kapasiteit | 4 000 |
Kompetisie | Oberliga Hesse |
Die klub het sy oorsprong uit 'n groep jeugdiges wat in 1911 vriendskaplike sokkerwedstryde begin speel het. Twee klubs is later uit die groep gevorm: Spielvereinigung Asbach en Sportverein Germania Asbach. As gevolg van die Eerste Wêreldoorlog is beide klubs egter ontbind. Teen 1922 is 'n nuwe sportklub weer gestig, maar dit het slegs gimnastiek en atletiek aangebied. Die huidige klub is uiteindelik op 5 Augustus 1928 gestig.
Die klub het vir die grootste gedeelte van sy bestaan in die skadu van sy buurman SG Hessen Bad Hersfeld gespeel. In 1992 het dinge egter verander met promosie na die Landesliga, terwyl SG Hessen Bad Hersfeld gerelegeer het. Die klub is sedertdien die topklub in Bad Hersfeld.
Onlangse ligaposisionering
|
|
Eksterne skakels
Oberliga Hesse 2009/10-seisoen | |
Viktoria Aschaffenburg - SVA Bad Hersfeld - 1. FC Eschborn - KSV Baunatal - FSV 1926 Fernwald - |