SSV Ulm 1846
SSV Ulm 1846 is 'n Duitse sportklub uit Ulm in die deelstaat Baden-Württemberg, veral bekend om sy sokkerafdeling. Die klub is een van die oudste en grootste sportklubs in die land. Sokker is slegs 1 van die 20 sporte wat die klub aan sy sowat 12 000 lede bied.
Volledige naam | Schwimm- und Sportverein Ulm 1846 02 e.V. |
Stigtingsdatum | 12 April 1846 |
Tuisveld | Donau-Stadion, Ulm |
Kapasiteit | 19 500 |
Kompetisie | Oberliga Baden-Württemberg |
Geskiedenis
TB Ulm is op 12 April 1846 gestig. In 1926 het die sokkerafdeling onafhanklik geword as Ulmer RSV. In 1939 smelt die klub met TB Ulm, Ulmer FV en TV Ulm saam om so TSG Ulm op die been te bring. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het Ulm in die Gauliga Württemberg gespeel, destyds die hoogste klas. In 1968 word RSVgg Ulm deel van die klub en in 1970 is daar met 1. SSV Ulm saamgesmelt om die huidige klub te vorm.
Die klub se grootste prestasie was toe dit die sokkerwêreld verstom het deur die Bundesliga in 1999 te haal. Twee jaar later het die klub egter by bankrotskap omgedraai en is die span verplig om tot die Verbandsliga te relegeer.
Onlangse ligaposisionering
|
|
Eksterne skakels
Regionalliga Suid 2010/11-seisoen | |
SV Darmstadt 98, Eintracht Frankfurt II, FSV Frankfurt II, SC Freiburg II, SG Sonnenhof Großaspach, SpVgg Greuther Fürth II, TSG 1899 Hoffenheim II, Karlsruher SC II, | |