SN 1181

SN 1181 was 'n supernova (ontploffende ster) wat in die jaar 1181 gesien is. Dit is in die Kassiopeia-konstellasie waargeneem.

SN 1181
3C 58, ’n pulsarwindnewel, is die waarskynlike oorblyfsel van SN 1181.
3C 58, ’n pulsarwindnewel, is die waarskynlike oorblyfsel van SN 1181.
Sterrestelsel Melkweg
Sterrebeeld Kassiopeia
Waarnemingsdata (Epog J2000) 
Regte klimming 2h 5m 38s[1]
Deklinasie +64° 49.7[1]
Gal. koördinate G.130.719+03.084[1]
Afstand (ligjaar) 26 000
Ontdek 1181
Top-magnitude -1?
Eienskappe
Voorloperster Onbekend
Voorlopertipe Onbekend
Notas
Was 185 dae lank snags sigbaar.
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

SN 1181 is tussen 4 en 6 Augustus 1181 vir die eerste keer deur Sjinese en Japanse sterrekundiges waargeneem en in agt afsonderlike tekste gedokumenteer. Dit kon met die blote oog gesien word en was vir ongeveer 185 dae in die nagruim sigbaar.

Die pulsar J0205+6449 (ook bekend as 3C 58), wat sowat 15 keer per sekonde om sy as roteer, is moontlik ’n oorblyfsel van die ontploffing. As die supernova en pulsar aan mekaar verwant is, roteer die ster nog net so vinnig as toe dit die eerste keer gevorm is.[2] Daarteen het die krap-pulsar, wat in die jaar 1054 deur die supernova SN 1054 gevorm is, twee derdes van sy rotasie-energie oor ongeveer dieselfde tydperk verloor.[3] Onlangse radio-opnames van 3C 58 dui egter daarop dat hierdie pulsar veel ouer is en dus nie aan SN 1181 verwant kan wees nie.[4]

Verwysings

  1. "SIMBAD Astronomical Database". Results for SN 1181 (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 5 November 2013.
  2. Panagia, N.; Weiler, K. W. (Februarie 1980). "The absolute magnitude and the type classification of SN 1181 equals 3 C 58". Astronomy and Astrophysics. 82 (3): 389–391. Bibcode:1980A&A....82..389P.
  3. Galas, C. M. F.; Tuohy, I. R.; Garmire, G. P. (15 Februarie 1980). "Soft X-ray observations of the supernova remnants HB 3 and 3C 58". The Astrophysical Journal Letters. 236: L13–L16. Bibcode:1980ApJ...236L..13G. doi:10.1086/183188.
  4. Bietenholz, M. F. (10 Julie 2006). "Radio Images of 3C 58: Expansion and Motion of Its Wisp" (PDF). The Astrophysical Journal. 645 (2): 1180–1187. arXiv:astro-ph/0603197. Bibcode:2006ApJ...645.1180B. doi:10.1086/504584. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 13 Desember 2019. Besoek op 18 Oktober 2015.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.