SC Pfullendorf
Die Sportclub Pfullendorf is 'n Duitse sportvereniging uit Pfullendorf in Baden-Württemberg wat in 1919 gestig is.
Volledige naam | Sportclub Pfullendorf 1919 e.V. |
Stigtingsdatum | 2 Augustus 1919 |
Tuisveld | Geberit-Arena, Pfullendorf |
Kapasiteit | 10 000 |
Kompetisie | Regionalliga Suid |
Die sportvereniging het sy bekendheid te danke aan die opmars van sy sokkerafdeling, wat in 1980 die eerste keer die Amateur-Oberliga Baden-Württemberg gehaal het. In 1998 volg die sprong na die Regionalliga Suid, om twee jaar later selfs (onsuksesvol) aan die uitspeelronde om promosie na die 2. Bundesliga deel te neem.
Op 10 September 2006 het die klub een van sy grootste prestasies behaal deur DSC Arminia Bielefeld uit die Bundesliga met 2-1 te verslaan in die eerste ronde van die DFB-Pokal.
Naas sokker het die vereniging ook 'n skaak-, tafeltennis- en ysstoksportafdeling.
SC Pfullendorf speel sy tuiswedstryde in die ALNO-Arena, wat voor April 2005 as die Waldstadion Kasernenstraße bekend gestaan het.
Onlangse ligaposisionering
|
|
Eksterne skakels
Regionalliga Suid 2010/11-seisoen | |
SV Darmstadt 98, Eintracht Frankfurt II, FSV Frankfurt II, SC Freiburg II, SG Sonnenhof Großaspach, SpVgg Greuther Fürth II, TSG 1899 Hoffenheim II, Karlsruher SC II, | |