Ryukyu-tale

Die Ryukyu-tale (琉球語派 Ryūkyū-goha, ook 琉球諸語 Ryūkyū-shogo of しまくとぅば Shima kutuba, letterlik: "eilandspraak") is 'n taalfamilie wat uit 11 tale bestaan en deur sowat 1 miljoen mense op die Ryukyu-eilande gepraat word. Dié taalfamilie bestaan uit twee groepe, naamlik die Noord-Ryukyu-tale en die Suid-Ryukyu-tale.[1] Die Ryukyu-tale vorm saam met Japannees die Japannese tale.

Ryukyu-tale
Geografiese
verspreiding:
Ryukyu-eilande
Genetiese
klassifikasie
:
Altaïese tale
 Japannese tale
  Ryukyu-tale
Onderafdelings:
Noord-Ryukyu
Suid-Ryukyu

Franse kaart van die Ryukyu-tale.

Die grootste tale (volgens moedertaalsprekers) is: Okinawa-Amami (900 000) en Sakisjima (100 000). Die Ryukyu-tale word nes die verwante Japannees met die Japannese skryfstelsel, bestaande uit Kanji, Hiragana en Katakana, geskryf.

Die Ryukyu-tale word deur sommige taalkundiges as dialekte van Japannees beskou wat darem saam net as een Japannese taal gegroepeer word. Ander taalkundiges sien egter groter verskille tussen die Ryukyu-tale en Japannees wat nie hierdie groepering regverdig nie. Hulle argumenteer dat Japannees en die Ryukyu-tale nie onderling verstaanbaar is nie. Net die genetiese verwantskap tussen albei takke is 'n algemene konsensus.

Van die Ryukyu-tale is as gevolg van die taalverskuiwing na Japannees ernstig bedreigde tale; Unesco lys vier van die tale as "beslis bedreig" en twee ander as "ernstig bedreig".[2]

Verwysings

  1. Hammarström, Harald; Forkel, Robert; Haspelmath, Martin (2017). "Ryukyuan". Glottolog 3.0 (in Engels). Jena, Duitsland: Max Planck Institute for the Science of Human History. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Desember 2019. Besoek op 24 November 2018.{{cite web}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  2. "UNESCO Atlas of the World's Languages in danger" (in Engels). Unesco. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2015. Besoek op 24 November 2018.

Verdere leesstof

  • (en) Shimabukuro, Moriyo. (2007). The Accentual History of the Japanese and Ryukyuan Languages: a Reconstruction. London: Global Oriental. ISBN 9781901903638; OCLC 149189163

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.