Rutiel
Rutiel is 'n mineraal met chemiese formule TiO2.
Rutiel | |
---|---|
![]() | |
Formule | TiO2 |
Onsuiwerhede | Fe,Ta,Nb,Cr,V,Sn |
Nickel-Strunz (10) | 4.DB.05 |
Kleur | bloedrooi, buinerig geel, bruinrooi, geel, grysswart, swart, bruin, blouerig[1] |
Streep | grysswart, ligbruin, liggeel |
Glans | soos diamant, metallies |
Hardheid | 6 – 6,5 (Mohs) |
Digtheid | 4,23(2) g/cm3 |
Dubbelbreking | eenassig |
RI-waardes | 2,605/13 en 2,899/901 |
Kristalsisteem | tetragonaal |
Ruimtegroep | P4₂/mnm |
Strukturbericht-kode | C4 |
Eenheidsel | a = 4.5937 Å, c = 2.9587 Å |
![]() | |
* Lys van minerale | |
Portaal ![]() |
Dis een van ses minerale met hierdie samestelling. Die bekendste ander strukture is anataas (tetragonaal) en brookiet (ortorombies). Rutiel kom voor in die hoëtemperatuur- en hoëdrukfase. Anataas transformeer na rutiel bo 730 °C. Benewens hierdie strukture is ook bekend:
- 'n TiO2(B)-struktuur met 'n struktuur wat naverwant aan die VO2(B)-struktuur is.
- 'n TiO2(II)-polimorf wat 'n alfa-PbO2-tipe struktuur het.
- 'n baie metastabiele vorm TiO2(H) wat 'n hollandiet-struktuur het.
Om die verskeie polimorfe te onderskei word X-straaldiffraksie of Ramanspektroskopie dikwels aangewend.[2]
Mynbou
Rutiel is naas ilmeniet en anataas 'n belangrike bron van titaan en word in verskeie lande soos Australië, Brasilië en ook Suid-Afrika gemyn. Die eerste verskeping van rutiel was in 1977 van die mineraalsande van Richardsbaai in KwaZulu-Natal.[3]
Struktuur
Rutiel is die argetipe van die C4-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie.[4] Dit het 'n tetragonale struktuur waarin die titaankatione deur 'n oktaëder van suurstofione omring word.
Fotogalery
- Kwarts met rutielinsluitsels
- Rutiel
- Rutiel
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Rutile. |
Verwysings
- "mindat 3486" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020.
- Rutile and its applications in earth sciences Guido Meinhold Earth-Science Reviews 102 (2010) 1-28
- Surface Mining, Bruce A. Kennedy, Society for Mining, Metallurgy, and Exploration (U.S.), SME, 1990, ISBN 0-87335-102-9, ISBN 978-0-87335-102-7 bls. 255
- "Universität Wien" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Augustus 2017. Besoek op 25 Maart 2021.