Rutaceae
Rutaceae is die sitrus-familie wat hoort tot die orde Sapindales. Die meeste plante van die familie het blare wat welriekende kliere bevat en 'n skerp reuk afgee wanneer dit fyngedruk word. Die kliere kan gesien word indien die blare teen die lig gehou word. Boegoe is ook deel van die familie. Wêreldwyd hoort daar 1000 spesies tot die familie waarvan 379 in Suider-Afrika voorkom en daarvan is 20 spesies bome.
Rutaceae | |
---|---|
Skimmia japonica | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Sapindales |
Familie: | Rutaceae Juss., 1789[1] |
Subfamilies | |
Rutoideae | |
Verspreiding van die Rutoideae sensu subfamily (Groppo et al., 2012) | |
Verspreiding van die Cneoroideae subfamily |
Boom Spesies
Van die Suid-Afrikaanse spesies is:
- Bosveldwitysterhout Vepris reflexa
- Kleinperdepram Zanthoxylum capense
- Koemkwat Citrus japonica
- Nieshout Ptaeroxylon obliquum
- Perdepis Clausena anisata
- Perdepram Zanthoxylum davyi
- Treurkersielemoen Teclea natalensis
- Wildekastaiing Calodendrum capense
- Wildenartjie Toddaliopsis bremekampii
- Witysterhout Vepris lanceolata
- Zoeloekersielemoen Teclea gerrardii
Struik Spesies
- Boegoe Agathosma betulina
Sien ook
Wikimedia Commons bevat media in verband met Rutaceae. |
Bronne
- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
Verwysings
- "Rutaceae Juss., nom. cons". Germplasm Resources Information Network. United States Department of Agriculture. 17 Januarie 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2009. Besoek op 11 April 2009.
- Takhtajan, Armen (2009). Flowering Plants (2 uitg.). Springer. pp. 375–376. ISBN 978-1-4020-9608-2.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.