Rustfonteindam
Die Rustfonteindam in die Modderrivier verskaf water vir huishoudelike en nywerheidsgebruik aan Bloemfontein sowel as die landbou. Dit reguleer die vloei van die rivier vir besproeiingsdoeleindes.
Rustfonteindam | |
---|---|
Ligging | Naby Thaba Nchu |
Provinsie/Land | Vrystaat, Suid-Afrika |
Koördinate | 29°16′15″S 26°37′1″O |
Dam in | Modderrivier |
Doel | Nywerheid en huishoudelik |
Openingsdatum | 1955 |
Eienaar | Departement van Waterwese |
Soort dam | Gravitasiedam |
Hoogte van wal | 33,4 m |
Lengte van wal | 182 m |
Reservoir | Rustfonteindam reservoir |
Kapasiteit | 72 200 000 m3 |
Opvanggebied | 937 km2 |
Damoppervlak | 1158,5 ha |
Die dam is net suidwes van Botshabelo en Thaba Nchu en 43 km suidoos van Bloemfontein.
Dit is in 1955 deur die Departement Waterwese gebou ter aanvulling van die Mockesdam en die Maselspoortdam. Aanvanklik was die bruto opgaarvermoë van die dam 78 miljoen m³, maar dit het stadig gesak tot 72 miljoen m³. Met sy betonwal van 182 m lank en 33 m hoog skep die opvanggebied van 937 km² 'n meer met 'n oppervlakte van 12 km². Water vir die stad vloei rivieraf na die pomp- en filtreerstasie by Maselspoort.
Bronne
- Lantern. Tydskrif vir Volksopvoeding. Jaargang 6, nr. 3, Januarie 1957
- Suid-Afrikaanse Damme van die Departement van Waterwese
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.