Rustenburgiet

Rustenburgiet is 'n mineraal met formule Pt3Sn. Dit is 'n PGE-mineraal wat nouverwant aan die minerale atokiet en zvyagintseviet is. Navorsing[1] met sintetiese materiale het getoon dat die drie minerale lede is van een reeks mengkristalle met 'n algemene formule MI3MII waar MI = Pt of Pd en MII = Sn of Pb.

MineraalMIMII
RustenburgietPtSn
AtokietPdSn
ZvyagintsevietPdPb
Rustenburgiet
 
FormulePt3Sn 
Nickel-Strunz (10)1.AG.10  
Kleurwit met geel tint 
Glansmetallies 
Hardheid5 
Strukturbericht-kodeL1 
Strukturbericht-kodeA1 
Eenheidsela=3,991 A
* Lys van minerale
Portaal Geologie

Natuurlike rustenburgiet het gewoonlik Pd en Pb as onsuiwerhede, maar is gedefinier as Pt>Pd en Sn>Pb. Die sintetiese rustenburgiet- en atokietkristalle, wat stadig uit die smelt afgekoel is, het die geordende Cu3Au-struktuur gehad (ourikupried- L1), maar die natuurlike mineraal is baie aan spanning blootgestel, waarskynlik tydens die ertsverwerking en het 'n wanordelike rooster getoon, wat met die kubiese digpakking van die koperstruktuur (A1) ooreenkom. In binêre allooie van hierdie tipe is dit gebruiklik dat skielike afkoeling of later meganiese beskadiging die ordening kan verhoed of weer versteur.

Die mineraal is na die Rustenburgmyn naby Rustenburg genoem, maar dit kom op heelparty plekke in platinummyne in Suid-Afrika voor, soos Driekop, Sandsloot, Thabazimbi, Onverwacht, Amandelbult en Impala.[2]

Verwysings

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.