Rupert Museum

Die Rupert Museum in Stellenbosch huisves 'n kunsversameling van 20ste eeuse Suid-Afrikaanse en buitelandse skilderye en beeldhouwerke.

Ligging

Die museum is geleë in Stellentialaan, aan die heel westelike punt van Dorpstraat.

Pierneef

Die 32 “stasiepanele” wat Pierneef tussen 1929 en 1932 vir die Johannesburgse stasie in opdrag van die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens geskilder het, is hierheen oorgeplaas.

Ander kunstenaars

Irma Stern word hier verteenwoordig deur 27 werke. Ook word klem gelê op werke van Cecil Higgs, Maggie Laubser, Jean Welz en Anton van Wouw. Verder is hier skilderye en beeldhouwerke van Käthe Kollwitz, Maurice van Essche, Frans Oerder, Wolf Kibel, Nel Erasmus, Erik Laubscher, Georgina Ormiston, Hugo Naudé, Walter Battiss, Bettie Cilliers-Barnard, Ezrom Legae, Sydney Kumalo, Giuditta Scalini, Cecil Skotnes, Alexis Preller, Adolph Jentsch, Nita Spilhaus, W. H. Coetzer, Stanley Pinker, Penny Siopsis, Willie Bester, Antoine Bourdelle, Ernest Mancoba, Carl Büchner, Strat Caldecott en Alexander en Marianne Podlashuc. F.D. Dunlop het twee teëlpanele gelewer wat Suid-Afrikaanse flora uitbeeld.

Geskiedenis

Hierdie versameling het in die 1940's begin as die privaat kolleksie van dr. Anton Rupert en sy vrou Huberthe. Die gebou is spesiaal daarvoor ontwerp en het in Februarie 2005 vir die publiek geopen.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.