Ruimtevaardergroep 2

Ruimtevaardergroep 2 was die tweede groep van nege ruimtevaarders wat deur Nasa gekies is. Die groep is bekendgestel op 17 September 1962. Die groep is gekies om die Mercury Sewe te vergroot nadat die Gemini-program aangekondig is en wat sou lei tot die Apollo-program. Die eerste sewe is gekies om die meer eenvoudiger take van wentelbaanvlugte te bemeester terwyl die nuwe uitdagings van om ruimtevaartuie te dok en maanlandings kandidate vereis het wat oor ingenieursgrade beskik (vier van die nuwe nege) sowel as toetsvlieƫnier ondervinding. Twee van die nuwe groep was kanididate vir die oorspronklike groep maar is weens mediese redes afgekeur. Hierdie groep was ook die eerste wat burgerlike toetsvlieƫniers aanvaar het; Neil Armstrong het die X-15 vir Nasa getoets en Elliot See het vir General Electric gevlieg.

Ruimtevaardergroep 2: (Agter:) See, McDivitt, Lovell, White, & Stafford. (Voor:) Conrad, Borman, Armstrong, & Young

Die nege is:

Elliot See is vier maande voor sy missie gelanseer sou word in 'n vliegongeluk dood.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.