Royal Bafokeng-stadion

Die Royal Bafokeng Sports Palace is 'n rugby-, sokker- en atletiekstadion in Phokeng naby Rustenburg, Suid-Afrika. Die stadion word besit deur die Royal Bafokeng-nasie, vandaar die naam.[2] Dit is in 2000 gebou en het groter bekendheid verwerf gedurende die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010.

Die Royal Bafokeng-stadion tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010
Royal Bafokeng-stadion
Buiteaansig van die Royal Bafokeng-stadion

Bynaam Royal Bafokeng
Volle naam Royal Bafokeng Sports Palace
Ligging Phokeng, Suid-Afrika
Koördinate 25°34′43″S 27°09′39″O
Eienaar Royal Bafokeng-nasie
Kapasiteit 44 530[1]
Oppervlak Gras
Konstruksie
Geopen 1999
Renovasie 2009
Uitgebrei 2009
Huurders
Platinum Stars (sokker)

Dit is primêr as 'n sokkerstadion gebou, en was die eerste stadion in 'n tradisionele Afrikastad waarin die Nelson Mandela Sokkeruitdaging, die FIFA Konfederasiebeker[3] en die FIFA Wêreldbeker gespeel is.[4] Klein aanpassings is vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 aangebring en die kapasiteit is tot 40 000 toeskouers verhoog. Vandag word die stadion vir gemeenskapsametrekke van die Bafokengstam ingespan, sowel as vir atletiekbyeenkomste. Die professionele sokkerspan Platinum Stars speel hul tuiswedstryde in die Premier Sokkerliga in hierdie stadion.

Die stadion is die enigste groot (40 000+) stadion waar die Springbokke 'n 100% wenrekord geniet.

Wedstryde

FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009

Hoofartikel: FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009.
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
14 Junie 200920:30Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland0–5Vlag van Spanje SpanjeGroep A21 649
17 Junie 200920:30Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika2–0Vlag van Nieu-Seeland Nieu-SeelandGroep A36 598
21 Junie 200920:30Vlag van Egipte Egipte0–3Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde StateGroep B23 140
28 Junie 200915:00Vlag van Spanje Spanje3–2Vlag van Suid-Afrika Suid-AfrikaKlein finale31 788

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010

Hoofartikel: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010.
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
12 Junie 201020:30Vlag van Engeland Engeland1–1Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde StateGroep C38 646
15 Junie 201013:30Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland1–1Vlag van Slowakye SlowakyeGroep F23 871
19 Junie 201016:00Vlag van Ghana Ghana1–1Vlag van Australië AustraliëGroep D34 812
22 Junie 201016:00Vlag van Meksiko Meksiko0–1Vlag van Uruguay UruguayGroep A33 425
24 Junie 201020:30Vlag van Denemarke Denemarke1–3Vlag van Japan JapanGroep E27 967
26 Junie 201020:30Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State1–2Vlag van Ghana GhanaAgste eindrondte34 976

Afrikanasiesbeker 2013

Hoofartikel: Afrikanasiesbeker 2013.
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
22 Januarie 201317:00Vlag van Ivoorkus Ivoorkus2–1Vlag van Togo TogoGroep D2 000
22 Januarie 201320:00Vlag van Tunisië Tunisië1–0Vlag van Algerië AlgeriëGroep D8 000
26 Januarie 201317:00Vlag van Ivoorkus Ivoorkus3–0Vlag van Tunisië TunisiëGroep D20 000
26 Januarie 201320:00Vlag van Algerië Algerië0–2Vlag van Togo TogoGroep D35 000
29 Januarie 201320:00Vlag van Ethiopië Ethiopië0–2Vlag van Nigerië NigeriëGroep C15 000
30 Januarie 201320:00Vlag van Algerië Algerië2–2Vlag van Ivoorkus IvoorkusGroep D5 000
3 Februarie 201317:00Vlag van Ivoorkus Ivoorkus1–2Vlag van Nigerië NigeriëKwarteindrondte25 000

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.