Royal Bafokeng-nasie
Die Royal Bafokeng-nasie is die etniese tuisland van die Fokeng-mense (Sotho: Bafokeng, letterlik "mense van die dou" of "mense van die gras"), 'n Tswana-sprekende tradisionele gemeenskap in die Noordwes-provinsie van Suid-Afrika. Dié nasie se hoofstad is Phokeng en konings of leiers staan as Kgosi bekend. Tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 het die Royal Bafokeng-nasie veral as eienaar van die Royal Bafokeng-stadion, waar ses wedstryde gespeel is, bekend geword.
Royal Bafokeng-nasie | |
---|---|
![]() Vlag van die Royal Bafokeng-nasie | |
Totale bevolking: | 160 867 (Fokeng, 2007) Totaal: 300 000 |
Belangrike bevolkings in: | Noordwes, Suid-Afrika |
Taal: | Tswana |
Geloofsoortuiging: | Christendom |
Verwante etniese groepe: | Basotho |
Konings van die Royal Bafokeng-nasie
![](../I/Royal_Bafokeng_Nation_King_Kgosi_Leruo_Tshedkedi_Molotlegi_Poses_for_a_Photo_With_Press_Attache_Hudson-Dean_and_Fellow_U.S._Embassy_Staff_Member.jpg.webp)
Die koning van die Royal Bafokeng-nasie, Kgosi Leruo Molotlegi (middel), saam met personeel van die Amerikaanse ambassade van Pretoria, net voor die wedstryd tussen die nasionale sokkerspanne van die VSA en Ghana tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 op 25 Junie 2010 in die Royal Bafokeng-stadion, Rustenburg, Suid-Afrika.
- 1834–1891: Kgosi Mokgatle
- 1891–1896: Kgosi Tumagole
- 1897–1938: Kgosi Molotlegi
- 1938–1956: Kgosi Manotshe Molotlegi
- 1956–1995: Kgosi Lebone Edward Molotlegi
- 1995–2000: Kgosi Mollwane Molotlegi
- 2000–hede: Kgosi Leruo Molotlegi
Susterstede
Prince George’s County, Maryland, Verenigde State[1]
Verwysings
Bronne
- (en) News Release. (2002, 22 Oktober). King of the Royal Bafokeng Nation in South Africa to Speak at Brown University. Providence, R.I.: The Watson Institute for International Studies, Brown University
- (en) Cook, Sue. (2008, 15 Oktober). The Royal Bafokeng Nation. Royal Bafokeng Administration
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Royal Bafokeng-nasie.
- (en) Die Royal Bafokeng-nasie se amptelike webwerf
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.