Rouxville
Rouxville is 'n dorpie in die suidooste van die Vrystaat-provinsie in Suid-Afrika en wes van Lesotho.
Rouxville | |
---|---|
Dorp | |
Rouxville Rouxville se ligging in Vrystaat | |
Koördinate: 29°59′0″S 27°1′0″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Distrik | Xhariep |
Munisipaliteit | Mohokare |
Stigting | 1863 |
Oppervlak | |
• Totaal | 38,6 km2 (14,9 vk. myl) |
Hoogte | 1 099 m (3 606 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 9 553 |
• Digtheid | 247/km2 (640/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 3.7% |
• Indiërs/Asiërs | 0.3% |
• Bruin mense | 2.7% |
• Swart mense | 92.9% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Sotho | 57.5% |
• Xhosa | 31.9% |
• Afrikaans | 7.1% |
• Engels | 1.0% |
• Ander | 2.5% |
Poskode (strate) | 9958 |
Poskode (posbusse) | 9958 |
Skakelkode | 051 |
Geskiedenis
Rouxville is in 1863 gestig as 'n kerklike middelpunt op die plaas Zuurbult, die eiendom van Petrus Wepenaar. Die dorp het munisipale status in 1893 gekry. Die dorp is vernoem na ds. Pieter Roux van Smithfield wat vir tien jaar die dorp besoek het.
Johanna van der Merwe is hier begrawe.
Distrik
Die dorp se ekonomie draai hoofsaaklik rondom Merinoskaap- en beesboerderye. Die N6 nasionale pad gaan deur Rouxville.
Bronne
- Rosenthal, Eric, Encyclopaedia of Southern Africa, Juta and Company Limited, Kaapstad en Johannesburg, 1978.
- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
- Som van die hoofplekke Roleleathunya en Rouxville tydens die 2011-sensus.
Eksterne skakels
- Inligting en prente van Rouxville Geargiveer 7 Maart 2016 op Wayback Machine
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.