Rotssuikerbos
Die rotssuikerbos (Protea venusta) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Protea genus behoort. Die plant is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Groot Swartberg en Kammanassieberge voor waar dit deel van die fynbos-bioom is. Die struik is groot en het 'n deursnee van 3 m, maar word slegs 70 cm hoog en blom hoofsaaklik van Januarie tot Februarie.
Rotssuikerbos | |
---|---|
![]() | |
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. venusta |
Binomiale naam | |
Protea venusta Compton, 1944 | |
Die plant gaan dood na 'n brand maar die sade oorleef. Die saad word geberg in 'n doppie en vrygelaat na hulle ryp is en word deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei op rotsagtige, suidelike hellings in koel gebiede op hoogtes van 1 700 - 2 000 m.
In Engels staan dit as die Cascade sugarbush bekend.
Galery
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Rotssuikerbos.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.