Rot (astrologie)

Die Rot (鼠, ) is die eerste dier in die twaalfjaarlikse siklus van die Chinese astrologie, volgens die Chinese kalender. Dit hou ook verband met Oos-Asiatiese diereriem- en kalenderstelsels. Die Jaar van die Rot word verbind met die Aardse taksimbool 子.

Beskrywing

Volgens een legende is daar ’n rede vir die volgorde van die twaalf diere in die twaalfjaarsiklus. Daarvolgens is ’n resies oor ’n groot rivier gehou en die volgorde van die diere in die siklus is die volgorde waarin hulle die resies voltooi het. In dié verhaal het die Kat en die Rot besluit die vinnigste manier om oor die rivier te kom, was op die rug van die Os. Hy was goedhartig genoeg om dit toe te laat. Halfpad deur die rivier het die Rot die Kat van die Os se rug afgestamp. Op die oorkantse oewer het hy van die Os se rug afgespring en na die eindstreep gehardloop. So het hy die eerste plek behaal. Die Kat het intussen verdrink en het nie die siklus gehaal nie.

Die Chinese tekens word ook die diereriem genoem omdat geglo word ’n mens se persoonlikheid word deur die dier beïnvloed wat oor jou geboortedatum heers. Net so word die jaar waaroor ’n spesifieke dier heers, daardeur gekenmerk. Die invloed is veral sterk by mense wat in die jaar van die dier gebore is.

Dieselfde twaalf diere word gebruik om die siklus van ure in ’n dag te simboliseer – elk word verbind met ’n tydperk van twee uur. Die tydperk van die Rot is van 23:00 tot 01:00 – die tyd wanneer rotte op hul aktiefste is in hul soeke na kos.

In Chinese simbologie word Rotte beskou as aanpasbaar, slim en versigtig, maar ook skugter, onstabiel en strydlustig.

Jare en die Vyf Elemente

Mense wat binne dié datums gebore is, is in die Jaar van die Rot gebore, met ook die volgende elementêre teken:[1][2]

BegindatumEinddatumHemelse tak
5 Februarie 192423 Januarie 1925Houtrot
24 Januarie 193610 Februarie 1937Vuurrot
10 Februarie 194828 Januarie 1949Aardrot
28 Januarie 196014 Februarie 1961Metaalrot
15 Februarie 19722 Februarie 1973Waterrot
2 Februarie 198419 Februarie 1985Houtrot
19 Februarie 19966 Februarie 1997Vuurrot
7 Februarie 200825 Januarie 2009Aardrot
25 Januarie 202011 Februarie 2021Metaalrot
11 Februarie 203230 Januarie 2033Waterrot

Rotte en hul maats

Teken Beste maats Gemiddelde maats Slegte maats
RotRot, Draak, AapSlang, Haan, Os, Vark, Konyn, Bok, Hond, TierPerd

Basiese astrologiese elemente

Aardse tak van geboortejaarZi
Die Vyf ElementeMetaal
Jin/jangJang
Maanmaand11de
Gelukkige nommers2, 3, 6, 8; vermy: 4, 5, 9
Gelukkige blommeLelie van elke spesie
Gelukkige kleureGoud, blou, groen; vermy: geel, bruin
SeisoenWinter
Naaste Westerse tekenBoogskutter

Sien ook

Verwysings

  1. "Chinese New Year" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Januarie 2020. Besoek op 9 Junie 2017.
  2. "Chinese Zodiac - Rat" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Februarie 2020. Besoek op 9 Junie 2017.

Eksterne skakels

Vorige teken
Vark (豬)
Rot (子) Volgende teken
Os (丑)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.