Rooivink
Die rooivink (Euplectes orix) is 'n standvoël wat voorkom in Suid-Afrika, Zimbabwe, die noordooste van Botswana, Caprivistrook en sentraal en noord Namibië. In Engels staan die voël bekend as die Southern Red Bishop.
Rooivink | |
---|---|
![]() | |
Mannetjie in sy broeivere | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | E. orix |
Binomiale naam | |
Euplectes orix (Linnaeus, 1758) | |
Die mannetjies bou gewoonlik 'n paar neste en lok dan wyfies na die neste deur te sing en met hul helder swart en rooi somergewaad te pronk. In die winter het hulle dowwe, gespikkelde bruin vere.
Voorkoms
![](../I/Euplectes-orix-2.jpg.webp)
'n Mannetjie in sy broeigewaad.
![](../I/Female_Southern_Red_Bishop_(Euplectes_orix).jpg.webp)
'n Wyfie op 'n Agapanthus.
Die voël is 12 cm lank en weeg tussen 18-29 g. Die broeiende mannetjie is swart en rooi; die voorkroon is swart en die slagvere is bruin. Nie-broeiende mannetjies en wyfies het breë dofgeel wenkbroue, fyn gestreepte borste en bruinerige snawels.
Sien ook
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Euplectes orix. |
Bron
- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1
Verwysings
- BirdLife International (2012). "Euplectes orix". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.