Rooiribbok

Die rooiribbok (Redunca fulvorufula) is 'n mediumgrootte-wildsbok wat in bergagtige gebiede in Afrika suid van die Sahara aangetref word.

Rooiribbok
Fluite in die Koninklike Natalse N. P.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Redunca
Spesie:
R. fulvorufula
Binomiale naam
Redunca fulvorufula
(Afzelius, 1815)
     R. f. adamauae      R. f. chanleri      R. f. fulvorufula

Volwasse rooiribbokke het 'n gemiddelde hoogte van 75 cm en weeg ongeveer 25 kg. Ramme het twee ietwat gekromde horings wat tot 23 cm lank kan wees.

Die ooi kry telkens een lammetjie. Rooiribbokke kan tot 8 jaar oud word.

Alhoewel hy 'n "rooiribbok" heet, is hierdie bok nouer verwant aan die rietbok as aan die vaalribbok.

Sien ook

Bronnelys

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.