Rooipootelsie
Rooipootelsie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Recurvirostridae |
Genus: | Himantopus |
Spesie: | H. himantopus |
Binomiale naam | |
Himantopus himantopus | |
Subspesies | |
|
Identifikasie
Volwasse voëls is 33–36 cm lang. Hulle het lang pienk bene, 'n lang dun swart snawel en is hoofsaaklik wit met 'n swart hoof en 'n swart rug.
Habitat
Hulle broei hoofsaaklik in vleie, vlak mere en vlak-damme. Die nes is op oop grond naby water.
Verspreiding
Die Rooipootelsie kom voor in die suide en Suid-Ooste van Europa, Sentraal-Asië, Afrika, Australië, Sentraal-Amerika, Suid-Amerika, Hawaii, die Filippyne, Suid-Sentraal Kanada, die Weste en Suid-Ooste van die VSA.
Subspesies
- H. h. himantopus
- H. h. leucocephalus
- H. h. knudseni
- H. h. mexicanus
- H. h. melanurus
Ander name
- Engelse naam: Black-winged Stilt
- Wetenskaplike naam: Himantopus himantopus
Galery
- Amerikaanse Black-necked Stilt
- Himantopus himantopus
Sien ook
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.