Rooipensreier
Die rooipensreier is 'n skaars somerstandvoël en besoeker.
Rooipensreier | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Ardeola |
Spesie: | A. rufiventris |
Binomiale naam | |
Ardeola rufiventris (Sundevall, 1851) | |
Identifikasie
Die rooipensreier is 'n bonkige, donker reier. In nie-broeidrag het volwassenes 'n geel snawel (met grys bo-mandibel), geel gesigvel en pote. In die nesmaaktyd word die gesigvel, snawel en pote koraalpienk. Jonges se rugvere het vaalgeel rande.
58 cm
Habitat
Hulle is skugter alleenlopers wat afgesonderde waters met ruie oewerplantegroei verkíes. As hy opgejaag word, vlieg hy in 'n boom in of duik in ruie plantegroei weg.
Verspreiding
Endemies in Suider- en Sentraal-Afrika.
Ander name
- Wetenskaplike naam: Ardeola rufiventris
- Engels: "Rufous-bellied Heron"
Sien ook
Bronnelys
- Newman se Voëls van Suider-Afrika; ISBN 1868729826
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.