Rooioogtiptol

Die rooioogtiptol (Pycnonotus nigricans) is 'n algemene, amper endemiese standvoël en plaaslike nomade in dorre savanne, rivierbos en tuine. In Engels staan die voël bekend as die Black-fronted bulbul of die African red-eyed bulbul.

Rooioogtiptol
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
P. nigricans
Binomiale naam
Pycnonotus nigricans
(Desfontaines, 1789)

Voorkoms

'n Rooioogtiptol

Die voël word 19 cm lank en weeg 22 tot 36 gram. Die rooi oogkring is kenmerkend van die spesie.

Voortplanting

Hierdie voëls lê 3 eiers op 'n slag. Die eiers is pienk getint met donker merke daarop.

Verspreiding en woongebied

Die spesie word in Namibië, Botswana en die westelike dele van Suid-Afrika in rivierbos en in droë struikgewasse naby water aangetref. Daar is twee subspesies:

  • P. n. nigricans: suidwestelike Angola, Namibië, Botswana en westelike Suid-Afrika.
  • P. n. superior: sentrale dele van Suid-Afrika.

Sien ook

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.