Rooiessenhout
Die rooiessenhout (Trichilia emetica) is 'n boom in die Meliaceae familie. Die boom het 'n donkergroen, digte kroon. Die roomgroen blomme en die vrugte lok baie voëlsoorte. Die boom is 'n vinnige groeier en 'n uitstekende koelte- en skermboom. Dit benodig matige water en vol son. Die blomtyd is vanaf Augustus tot Oktober.
Rooiessenhout | |
---|---|
![]() | |
Saamgestelde blare | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Sapindales |
Familie: | Meliaceae |
Genus: | Trichilia |
Spesie: | T. emetica |
Binomiale naam | |
Trichilia emetica Vahl., (1790) | |
Die boom se FSA-nommer is 301.[1][2] In Engels staan die boom bekend as die Natal Mahogany.
Verspreiding
Hierdie bome kom voor in middel- tot hoogliggende streke in boswêreld en langs rivieroewers van Suid-Afrika in KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga.[3] In die res van Afrika is die boom inheems aan Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Cabinda in Angola, Caprivistrook in Namibië, Demokratiese Republiek die Kongo, Eritrea, Ethiopië, Gambië, Guinee, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Jemen, Kameroen, Kenia, Malawi, Mali, Mosambiek, Nigerië, Rwanda, Saoedi-Arabië, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Soedan, Somalië, Suid-Afrika, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Fotogalery
Blom Vrugte en sade Sade Blaar en sade
Verwysings
- https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
- Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. p. 120. ISBN 978-1-77007-759-1.
- "Trichilia emetica Vahl". Kew Science, Plants of the World Online. 2017. Besoek op 28 Februarie 2021.
Bronne
- Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 ISBN 978-1-86919-324-9
- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8