Rooibos
Rooibos (Aspalathus linearis) is 'n lid van die Fabaceae-familie plante, en word algemeen gebruik om kruietee van te maak. Dit behoort tot die Aspalathus plantgroep, wat bestaan uit meer as 200 spesies wat in die Sederberge van Suid-Afrika groei en endemies daar is.[2]
Rooibos | |
---|---|
Rooibostee | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Tribus: | |
Genus: | |
Spesie: | A. linearis |
Binomiale naam | |
Aspalathus linearis (Burm.f.) R.Dahlgren, (1963) | |
Sinonieme | |
|
Die blare van die bos word geoes, gekneus en in die son gelaat om te oksideer, waarna hulle hul kenmerkende rooi kleur verkry. Hierdie produk word dan gekook of in water laat lê soos tee, om 'n drankie te maak wat beide warm en koud geniet kan word. Die produk word ook gereeld as "rooi tee" bemark. Rooibostee staan ook bekend as naald-, speld- of koopmanstee.[3]
Rooibos het ook sy opwagting gemaak in gesondheids- en skoonheidsprodukte. Dit is wyd deur die antieke San van die streek gebruik. Dit is vry van kafeïen en bevat Aspalathin, 'n geurstof wat gevind word in medisinale kruie wat gebruik word om vel- en sirkulasieprobleme mee te behandel. Rooibos het 'n besonder hoë vitamien C-inhoud van 15,7 mg per 100 g. Dit het min tannien (sowat 4,4 persent teenoor die 12 persent in gewone tee). Tannien belemmer die absorpsie van minerale. Rooibostee bevat ook klein hoeveelhede fluoried, kalsium en mangaan.
Japannese navorsing oor die effekte van oligosakkariede, wat ook in Rooibos gevind word, dui aan dat hierdie stowwe die immuunstelsel help om virusinfeksies af te weer.
Rooibos is ryk aan flavonoïde, antioksidante wat die optrede van Superoksied Dismutase (S.O.D.) naboots deurdat hulle vry radikale verwyder.
Ander voorgestelde voordele sluit in:
- Anti-inflammatoriese en anti-allergiese eienskappe
- verligting van hooikoors, asma en allergieë
- verligting van slapeloosheid en spanning
- verligting van hardlywigheid, maagkrampe en koliek in klein kinders
- verligting van velprobleme soos aknee, ekseem en doekuitslag
Navorsing oor die positiewe gesondheidsvoordele van rooibos word deur die Suid-Afrikaanse Rooibosraad befonds en ondersoek deur navorsers soos Amanda Swart aan die Universiteit Stellenbosch.[4][5][6]
Galery
- Rooibosplant, Clanwilliam, Suid-Afrika
- Blomme aan 'n Rooibosplant, Clanwilliam, Suid-Afrika
- Rooibos-plaas in Clanwilliam, hier word Rooibos gedroog
- Rooibostee, gedroog en gesny
- Rooibostee in 'n glas
Verwysing
- (en) {{{assessors}}} (2008). Aspalathus linearis. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 5 Februarie 2009.
- https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:475647-1
- Verklarende Afrikaanse Woordeboek (Van Schaik). 1956- en 1992-uitgawe
- "South African rooibos and honey-bush teas could fight cancer" (in Engels). Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie. 21 Julie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Augustus 2016. Besoek op 17 Desember 2020.
- "Women in science honoured for their contributions to rooibos" (in Engels). South African Rooibos Council. 7 Februarie 2020. Besoek op 17 Desember 2020.
- "R2m for rooibos research" (in Engels). News 24. 25 Januarie 2012. Besoek op 17 Desember 2020.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Rooibos.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Rooibos