Rooiaas

Rooiaas (Pyura stolonifera) is 'n manteldier of sakpyp wat aan die hele Suid-Afrikaanse kus voorkom.

Rooiaas
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Urochordata
Klas:
Ascidiacea
Orde:
Pleurogona
Suborde:
Stolidobranchia
Familie:
Pyuridae
Genus:
Pyura
Spesie:
P. stolonifera

(Heller, 1878)
Binomiale naam
Pyura stolonifera

Beskrywing

Pyura stolonifera is 'n volop alleenstaande tussengetybewoner wat tot die klas Ascidiacea behoort. Dit is 'n pienk tot rooierige dier omhul in 'n dik, taai, leeragtige donkerbruin mantel met 'n verrimpelde bruin bedekking. Dit is gewoonlik dik oortrek met ander korsvormende organismes.

Filtersuiers

Die dier het twee suiers aan sy bokant wat gebruik word vir filtervoeding. Die een suier suig seewater in wat gefiltreer word in die dier en die afvalwater word dan deur die ander uitblaassuier uitgespuit. Dit het groot insuig- en uitblaassuiers met 'n effens geskulpte rand, gewoonlik naby aan mekaar geplaas.

Voorkoms en grootte

Dit kom voor in rotsagtige gebiede in die laagwatersone tot ten minste 10 m onderwater, waar dit tot meer as 15 cm in hoogte kan groei. Die beste manier om rooiaas op te spoor tussen rotse, is om op te let na die straaltjies water wat luglangs gespuit word wanneer 'n brander terugtrek see in.

Rooiaas is 'n ekostelsel-ingenieur wat tussengety-kushabitat drasties kan verander. Digte kolonies soos diƩ op die foto kan ondergeskikte spesies domineer, en ook 'n habitat vir ander organismes verskaf.

Bron

  • Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.