Rooi Woestyn
Die Rooi Woestyn by Port Edward is die kleinste woestyn in die wêreld.[1][2][3]
Hierdie woestyn lê 10 km suidwes van Port Edward, suidsuidoos van die Umtamvuna-natuurreservaat en naby die brug oor die Mtamvunarivier.
Dit is slegs 11 ha groot en 200 m in deursnee. Waarskynlik is die ontstaan te wyte aan oorbeweiding. In die 19de eeu het die Zulus die beeste wat hulle van die Pondo’s verower het, hier aangehou.
Bronne
- reddesertnaturereserve.co.za
- Die Burger, 15 Junie 2020: hoofartikel
Verwysings
- https://www.iol.co.za/travel/south-africa/kwazulu-natal/discover-the-worlds-smallest-desert-in-kwazulu-natal-13636810
- https://www.traveller24.com/FindYourEscape/WildCoast/is-this-desert-in-kwazulu-natal-really-the-smallest-in-the-world-20181127
- https://www.getaway.co.za/travel-news/red-desert-in-kwazulu-natal-is-smallest-in-the-world/
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.