Ronaldo Nazário
Ronaldo Luís Nazário de Lima (Rio de Janeiro, 22 September 1976), beter bekend as Ronaldo, is 'n voormalige Brasiliaanse sokkerspeler. Hy speel onder meer vir Cruzeiro, PSV, FC Barcelona, Internazionale, Real Madrid, AC Milan en die Brasiliaanse nasionale sokkerspan. Hy is 'n veelvuldige speler en word as een van die beste skoppers van alle tye gereken. Hy staan ook bekend onder die bynaam O Fenômeno ("Die verskynsel").
Ronaldo tydens 'n perskonferensie in 2005 | |||
Persoonlike inligting | |||
---|---|---|---|
Geboortenaam | Ronaldo Luís Nazário de Lima | ||
Gebore | 18 September 1976 | ||
Geboorteplek | Rio de Janeiro, Brasilië | ||
Speelposisie | aanvaller | ||
Jeugloopbaan | |||
1990–1993 | São Cristóvão[1] | ||
Seniorloopbaan* | |||
Jare | Span | Kere† | (Doele)† |
1993–1994 | Cruzeiro | 14 | (12) |
1994–1996 | PSV | 46 | (42) |
1996–1997 | Barcelona | 37 | (34) |
1997–2002 | Internazionale | 68 | (49) |
2002–2007 | Real Madrid | 127 | (83) |
2007–2008 | AC Milan | 20 | (9) |
2009–2011 | Corinthians | 31 | (18) |
Totaal | 343 | (247) | |
Nasionale span | |||
1993 | Brasilië O17 | 7 | (5) |
1996 | Brasilië O23 | 8 | (6) |
1994–2011 | Brasilië | 98 | (62) |
* Kere vir seniorklub uitgedraf en doele is net vir die plaaslike liga.. † Kere uitgedraf (Doele). |
Hy is aangewys as Wêreldsokkerspeler van die Jaar in 1996, 1997 en 2002. Sy bekendste bynaam is O Fenômeno ("Die verskynsel"). Ten spyte van sy vele suksesse as speler, is sy loopbaan teruggehou deur herhalende kniebeserings. Hy het ook in die latere jare van sy loopbaan met vetsug gesukkel, en daarom word daar soms na hom verwys as "vet Ronaldo", om hom van Cristiano Ronaldo te onderskei.
Ronaldo is sedert September 2018 die klubeienaar van Real Valladolid nadat hy 51% van die klub se aandele gekoop het. In Desember 2021 het hy 'n meerderheidsbelang in sy jeugklub Cruzeiro vir $70 miljoen gekoop.
Internasionale loopbaanstatistieke
Vir die Brasiliaanse nasionale sokkerspan:[2]
Jaar | Kere uitgedraf | Doelskoppe |
---|---|---|
1994 | 4 | 1 |
1995 | 6 | 3 |
1996 | 4 | 5 |
1997 | 20 | 15 |
1998 | 10 | 5 |
1999 | 10 | 7 |
2000 | 0 | 0 |
2001 | 0 | 0 |
2002 | 12 | 11 |
2003 | 8 | 3 |
2004 | 11 | 6 |
2005 | 5 | 1 |
2006 | 7 | 5 |
Totaal | 97 | 62 |
Verwysings
- "Após início pobre em Bento Ribeiro, Ronaldo conquista o mundo". Globo Esporte (in Portugees). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 29 Januarie 2014.
- http://www.rsssf.com/miscellaneous/ronaldo-intlg.html
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ronaldo Nazário.
- Video oor Ronaldo Geargiveer 8 Oktober 2017 op Wayback Machine
- Ronaldo se webwerf Geargiveer 8 November 2006 op Wayback Machine
- Portret van Ronaldo by PSV op psv.tv Geargiveer 28 September 2010 op Wayback Machine